Koos Doep met Wynand Strydom

27 Jul 19:00

Koos Doep met Wynand Strydom

Events at Theatre of Marcellus 64 Jones Rd, O.R. Tambo, Kempton Park, 1627

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit . . . ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Gebed” en “As almal ver is”. Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Waarom dit so is, is die onderwerp van menige debat, partykeer in die lesingsale van universiteite, maar meestal in die middernagure, met ’n “Kinders van die wind” of ’n “Skielik is jy vry” wat iewers in die agtergrond speel. Natuurlik met ’n goeie bottel rooiwyn, Koos Doep se gunsteling drankie.

Tickets from R185
Book at LTickets.co.za

 

Buy Tickets
Scan QR Code

Reviews

Where to find us

EMPERORS PALACE, THE PALACE OF DREAMS IS OPEN 24 HOURS A DAY 365 DAYS A YEAR

Scroll to top