Die beste band in die wêreld ooit ek sweer. Nou Toer Ons
Dit het begin op die Weskus. Jacobsbaai om presies te wees. Waar die branders nooit moeg word nie.
Rikus De Beer, ook bekend as Jonathan van Radio Raps, besef sy hiaat staan na 'n einde se kant toe. Rikus vier sy 40ste jaar in Januarie 2025 en besluit hy gaan 'n "band" begin - hy gaan leef, hy gaan musiek maak.
Die Beste Band In Die Wêreld Ooit word ingelyf.
Ryno Velvet wat sedert 2006 skouers skuur in die musiekbedryf met liedjies soos Ai My Lam, Kaap, Volkswagen Bussie en Aande het die roepstem geantwoord om met Rikus De Beer en Regardt Scheepers kragte saam te snoer.
Menigte oorspronklike liedjies uit Rikus en Ryno se penne gee kleur aan Afrikaans, koester ons mense en herinner ons daaraan om soveel as moontlik hardop te lag.
"Nou dat ons 'n band is, moet ons toer..." skerts Rikus en daarmee bedoel hy TOER!
Die manne beplan om hulle konsert regoor die wêreld na Suid-Afrikaners te vat en die opgewondenheid loop behoorlik oor. Dus kan gehore van heinde en verre hulle vere regskud vir 'n vertoning deur beide De Beer en Velvet, soos nog nooit van te vore gesien of gehoor nie.
"Ek en Rikus beplan om mense op 'n reis te vat. Van Jonathan se legendariese parodies tot ikoniese Ryno Velvet treffers en veel meer... Ons belowe jou, jy gaan huil van die lag en uit volle bors saam sing" meen Ryno Velvet.
Die Beste Band Ooit, stel ook hulle eerste album "Nou Toer Ons!" bekend in April 2025 en is trots om aan te kondig dat die album gepaard gaan met 'n 'rockumenter' film oor die dinamiese groep en die sports wat plaasvind agter die skerms.
Maak seker jy bespreek jou plek vir hierdie eens in 'n leeftyd produksie wat jou asem gaan wegblaas, want… Nou toer ons!
Die Beste Band In Die Wêreld ...Ooit Ek Sweer.
Kaartjies R295 pp
Koop by WebTickets