PRESS RELEASE

Skreeusnaakse vermaak met Radio Raps se Dingetjies en Goetertjies

Tuesday, March 14, 2017

“Boys, die lewe is 'n snaakse ding.  Partykeer maak dinge absoluut net glad nie sin nie! Daar is soveel verskilletjies wat ons in ag moet neem as dit kom by vroumense, mansmense en kinders om hulle te verstaan, én dan kom elke een ook nog met sy persoonlike stel dingetjies en goedertjies.  Dit krap ons net meer om as jy probeer sin maak daaruit.  Tog is die dingetjies en goetertjies alles nodig.  En alles gaan olraait wees”, meen Jonathan.

Bekende sê-goed soos “Lekker boys”, "Da vat hy", "Okeey" en "Olraait" van Jonathan van die Oos Rand, is algemeen onder Suid-Afrikaners.  Radio Raps se oorspronklike materiaal van Jonathan op Youtube steek by die 3 miljoen kyke verby.

Kaartjies vir die vertonings tussen 9 en 11 Junie is beskikbaar vanaf R150 per persoon deur die Emperors Palace Kaartjieskantoor te kontak op  011 928 1297/1213 of deur Computicket.  Fantastiese “Dinner and Show”-pakkette sowel as spesiale afslag vir Winners Circle-lede is beskikbaar.  Die vertonings op 9 en 10 Junie vind plaas om 20h00, en om 15h00 op 11 Junie. Geen toegang vir persone onder die ouderdom van 16 jaar.

Reviews

Where to find us

64 Jones Road, Kempton Park, South Africa

EMPERORS PALACE, THE PALACE OF DREAMS IS OPEN 24 HOURS A DAY 365 DAYS A YEAR

Scroll to top