PRESS RELEASE

Die Slapende Skone, Doringrosie, binnekort op die Emperors Palace verhoog

Tuesday, February 21, 2017

Die pragtige Charlize Berg skitter in die titelrol teenoor die talentvolle akteur, aanbieder en sanger Marno van der Merwe as die heldhaftige Prins Aalwyn.  Passievolle vermaaklikheidsveteraan Amore Vittone is natuurlik die perfekte Belladonna (Maleficent), terwyl die vlymskerp humor van die twee Goeie Feë (Hannes Brümmer en Tiaan Rautenbach) oud en jonk gaan laat skaterlag.

Doringrosie word vervaardig deur Renier en Lise-Marie Keyser van Add-Life Productions, wie sedert 2007 bekendheid verwerf het vir hul keurige oorspronklike Afrikaanse musiekspele: Houtkruis, Ester, Dawid, Liefling, Droomkind, Sneeuwitjie en Aspoestertjie.  Hulle het nie verniet ’n reputasie as baanbrekers in die Suid-Afrikaanse teaterindustrie nie, vir tien jaar al skep hulle karakter-gedrewe stories met uitnemende produksie kwaliteit. Wie sal ooit Aspoestertjie se indrukwekkende draai-en-draai-in-haar-balrok-in oomblik, of Sneeuwitjie se sneeustorm wat letterlik die hele gehoor verwaai en toegesneeu het kan vergeet?  Net so is Doringrosie’n opwindende avontuur met iets vir almal: Kwinkslag humor vir die ouers, vervleg met die mooiste sprokieselemente vir die kinders. So moenie slaap nie, kry jou kaartjies sommer vandag nog!

Doringrosie Die Slapende Skone is op die planke by die Theatre of Marcellus vanaf 5 Mei tot 4 Junie 2017, met vertonings om 11:00, 15:00 en 19:30 op Saterdae en Sondae, sowel as 19:30 op Donderdae en Vrydae. Kaartjies is beskikbaar vanaf R170 by Computicket op www.computicket.co.za of 0861 915 8000, of by enige Checkers.  Vir groepbesprekings, fantastiese “Dinner, Show, Stay and Play”-pakkette sowel as spesiale afslag vir Winners Circle-lede, kontak die Emperors Palace Kaartjieskantoor op 011 928 1297/1213.

Emperors Palace is ‘n Peermont oord.  Like ons op Facebook of volg ons op Twitter @emperorspalace

Reviews

Where to find us

64 Jones Road, Kempton Park, South Africa

EMPERORS PALACE, THE PALACE OF DREAMS IS OPEN 24 HOURS A DAY 365 DAYS A YEAR

Scroll to top