Het Van Verlangkraal

28 Aug 19:00

Het Van Verlangkraal

Theatre of Marcellus Events 64 Jones Rd, O.R. Tambo, Kempton Park, 1627

Het van Verlangekraal bring die storie van Het Heiberg, die weggooikind wat ’n dorpie se naam sou verewig, na die verhoog – hierdie keer uit háár perspektief. Sy kom in opstand teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen ruimte laat vir individualiteit nie.

Net Meneer Doep staan tussen haar en die streng skoolhoof, meneer Erlank, terwyl sy haar plek in die wêreld probeer vind. Hierdie diep menslike en ontroerende verhaal wys vir die eerste keer wat in Het se gedagtes aangegaan het, wie in haar lewe saak gemaak het en hoe sy uiteindelik oorleef het.

Die oorspronklike verhaal, geskryf deur Johann Bekker en gepubliseer in 1960, het reeds ’n ryk geskiedenis.

Leon van Nierop het die verhaal oor dekades heen aangepak – van ’n televisiereeks tot radioverwerking en roman – en bring dit nou na die verhoog in ’n nuwe gedaante.

    Buy Tickets
    Scan QR Code

    Reviews

    Where to find us

    EMPERORS PALACE, THE PALACE OF DREAMS IS OPEN 24 HOURS A DAY 365 DAYS A YEAR

    Scroll to top